Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons land kan baie van Jode leer

Wat ’n insiggewende artikel oor die Joodse boere deur Johan van Wyk.

Daar is soveel wat ons land, wat só teen die Jode gekant is, van hulle kan leer.

Jare gelede het ou mnr. Joffe ’n materiaalwinkel in Voortrekkerweg in Bellville gehad. My ma was ’n kleremaakster en elke keer as mnr. Joffe “new metirls” gekry het, het hy gebel en gevra of sy by die huis is want “I bring to you in my motorcar”. Dan het hy rolle materiaal uit sy Fordjie gehaal en my ma laat kyk. “You look and you take and you pay later.”

Benewens die materiaal was daar van alles en nog wat in sy winkel.

Ons huisdokter was ook ’n Jood. Destyds het hulle nog huisbesoek gedoen. Wanneer my pa ’n asma-aanval gekry het, kon jy net die foon optel en hy was daar. Die meeste van die kere het hy nie eens ’n rekening gestuur nie.

Ja dit was die goeie ou dae toe mense mekaar nog gerespekteer en mekaar met integriteit en goedheid gehanteer het. Dit is ongelukkig verby.

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.