Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons lewe hier is soos 3 000 jaar gelede

Verstaan ons werklik wat daagliks gebeur?

Blaai in die Bybel na Hosea, hoofstuk 4, oor die lewe en gebeure in ongeveer 750-722 v.C.

Dit is ’n verstommende riller-verhaal: “. . . die Here het ’n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie . . .

“Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak . . .

“Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die seë kom om . . .

“Daarom sal jy struikel bedags en ook die profeet saam met jou struikel in die nag, en Ek sal jou moeder te gronde laat gaan . . .

“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp . . .”

In 2019 val die fokus in die media en op sosiale media op rampe, hongersnood, droogtes, plae, mense se soeke, dood, moorde, geweld, ekonomiese insinking, bedrog, oneerlikheid, korrupsie, kerklike twis, huweliksontrouheid, wetteloosheid en ook wantroue.

Dit is stories van erg neerdrukkende omvang.

Dit is stories van hulle wat moeg en oorlaai is, wat wan­hopig en hartseer is, wat in die skadu van pyn verkeer, wat vasgevang is in sonde en ongeregtigheid, wat geen geloof en vreugde kan vind nie.

En van hulle wat slagoffers is van onregverdigheid en verdrukking, wat seergemaak is en wil wraak neem, wat die lewe haat en die dood vrees.

Dit is stories van ouers en kinders wat die pad byster geraak het en van almal wat deur die nagte rou en geen vrede kan vind nie.

Van diegene wat tevergeefs werk, nutteloos bou, wat geen bevrediging, geen sin en doel in die lewe meer vind nie, wat môre of oormôre sal sterwe en tevergeefs roep om by mense antwoorde te soek.

Dit is stories van diegene wat sonder vriende is, sonder ’n tuiste, wat in swaar beproewing haat, wat haat uit blinde afguns, dié sonder liefde, vreugde en hoop . . .

Daar is ’n ongelooflike ooreenkoms tussen 750-722 v.C. en die tyd waarin ons leef.

Angswekkende verhale oor en van mense . . .?

Meer oor:  Bybelverlede  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.