Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons mis ons Superrugby op die draadloos

Ná 2018 het ons tog gehoop die tuiswedstryde in die Superrugby-reeks word oor die radio uitgesaai ter wille van ons almal wat nie DStv het nie, maar slegs ’n radio.

Maar steeds word dit ons ontneem, en dit sonder ’n enkele woord van verduideliking.

So, dit is dan waar ons ná 25 jaar van sogenaamde demokrasie staan. Jy kan nie eens meer wedstryde soos hierdie oor jou draadloos luister nie.

In die vorige politieke bedeling, wat nou voorgehou word as ’n tyd waarin daar nie ’n enkele goeie ding in Suid-Afrika was nie, was dit ’n vanselfsprekende “mensereg” vir elkeen wat oor die kleinste radio beskik het.

Nou vra ek myself: Is dit nou vordering of vooruitgang?

Meer oor:  Superrugby  |  Bredasdorp  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.