Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons moedertaal word só opgefoeter

Dit steek my dwars in die krop om te moet lees en hoor hoe ons moedertaal opgefoeter word.

Dit wemel deesdae in koerante en oor die radio van “. . . in ’n ry, kort van die doellyn, by verre, die persoon wie, disrespekvol, ’n rot ruik”, asook spelfoute en verkeerde, koddige uitspreek van woorde. Ek het nog nooit gehoor van ’n renoster wat swanger word nie (in ’n vervolgverhaal op ’n Afrikaanse radiostasie). Die ergste is dat niemand dit agtergekom het nie, nie die skrywer, die regisseur of enige van die ander mense wat daarby betrokke was nie.

Dit lyk my mense is bloot te lui om ’n woordeboek te raadpleeg of gee eenvoudig net nie om hoe hulle (formele) Afrikaans praat of skryf nie.

Meer oor:  Afrikaans  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.