Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons moet anders dink oor dié sake

Carolus Heydenrych skryf dat die aanslag op Afrikaans wraaksugtig is, en ek wonder wie nou eintlik die wraaksugtiges is.

Suid-Afrika was nog altyd ’n komplekse samelewing. Ons geskiedenis getuig van verowering, herowering en onderwerping. Kolonialisme het deurgaans een slagoffer gehad wat onder ál die historiese bedelings gely het, naamlik die swart inheemse bevolking. Hulle het gely onder die slawehandel, is universele regte ontsê, uitgebuit, verplaas en gemanipuleer as tweederangse inwoners in hul tuisland en vasteland. Altyd in ’n mindere of meerdere mate onderdanig aan die witman en sy kulturele vooroordele.

Hierdie ingesteldheid van wit mense om as “superieure wesens” die plaaslike bevolking te onderdruk, bestaan steeds in die gemoed van sommige Afrikaners. Vir hulle is ’n demokratiese bestel met ’n handves van regte ’n getuigskrif van verlies.

Maar daar is baie wit mense wat nie dié sentiment deel nie. Hulle erken dat hulle en hul voorsate aanspreeklik was vir ons ongelukkige verlede en het die koms van ’n demokratiese bestel met oop arms verwelkom. Hul versugting na ’n nuwe begin het egter nie tred gehou met die wonde in die psige van die swart bevolking nie. Dit was wensdenkery dat eeue van verontmensliking gou uitgewis sou word.

Die fees moet transformeer. Daar behoort nie meer feeste in hoofsaaklik Afrikaans te wees nie.

Die realiteit is dat wit mense steeds die spreekwoordelike vark in die verhaal is. En met goeie reg. Daar ontbreek nog by baie die verootmoediging, deernis, empatie en besef dat ons as wit mense met groot omsigtigheid ons daaglikse bestaan moet uitleef. Ons moet die narratief onder wit mense drasties verander. Enigiets wat vertolk kan word as “ons eie sake” moet liewer vermy word. As voorbeeld is dit steeds vir my opvallend hoe wit en Afrikaans sekere feeste is.

Neem die Woordfees. ’n Paar gekleurdes is as paneellede genooi, maar verreweg die meeste feesgangers was wit en Afrikaans. Dis omdat dit Afrikaanssprekendes ’n geleentheid bied om terug te val in die groef van “ons mense met ons sake”.

Die fees moet transformeer. Daar behoort nie meer feeste in hoofsaaklik Afrikaans te wees nie. ’n Woord/Word Festival of W Festival of iets dergeliks kan byval vind en as inklusiewer ervaar word. Ons moet anders oor byeenkomste begin dink.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Kunstefeeste  |  Afrikaans  |  My Stem  |  Engels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.