Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons moet armoede nou takel: Waar staan jy?

Ek verwys na Alida Kok se rubriek “Wegval van die eenheidstaat” (22.07). Die twee slotsinne het my opgeval: “Ons moet mekaar help om te floreer. Dis hoe ons die see van vyandigheid om ons kan kalmeer.”

Inderdaad. Sy slaan die spyker op die kop. Ons het die laaste tyd met afgryse aanskou hoe verhongerde, polities ontmagtigde plunderaars ’n duik van meer as R150 miljard in ons ekonomie slaan.

Oudpres. Thabo Mbeki het daarteen gewaarsku, maar niemand het geluister nie. Vandag pluk ons die vrugte van ons horende­ doof, sienende blind reaksie op die wekroep van die armste onder die arm mense om hulp. Die toenemende kloof tussen ryk en arm word nou al dekades gevoed deur witmonopoliekapitaal en sistemiese en strukturele rassisme, wat ook bydra tot rassespanning.

Suid-Afrikaners moet twee dinge besef: Die staat of regering is nie verantwoordelik vir die ekonomiese opheffing van sy landsburgers nie, die burgery self moet hom ekonomies aan sy eie sokkies optrek. Dit aan die adres van die ANC.

Tweedens, dat ons mekaar moet help om te floreer (soos Kok inderdaad betoog). Ons sal die kapitalisties gedrewe aanslag van ryk mense moet hersien en korrupsie uitroei. Geen maatskaplike konstruksie van rondgooi van verwyte gaan enige regering help om die klimaat vir werk en ekonomiese groei te skep nie. Nie die hensoppers nie, nie die bitterbekke nie en nog minder die vlugtelinge oorsee. Hulle wat die verskil wil maak, sal daarin slaag.

Cyril wil. Mense soos ek wil. Waar staan jy?

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Onluste  |  Regering  |  Plunderaars  |  Briewe  |  Armoede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.