Miljoene mense soek verskonings en dring aan op stappe om hulleself maatskaplik, polities, ekonomies en in sport te bevoordeel.
Hulle kyk oor hul skouers terug na die verlede om te beklemtoon waar hulle benadeel is.
Hulle wag op beter dae en verwag dat ander hul lot moet verbeter.
Daar was onregte in die verlede (’n skandvlek wat seker nooit sal verdwyn nie), maar steeds is daar onregte wat mense nou nog daagliks te beurt val!
In die geskiedenis is talle voorbeelde van lande en volke wat vernietig is en dan die krag in hulleself gevind het om op te staan, te ontwikkel en te herbou sonder dat daar beduidende hulp van ander was.
Ons kan aan Duitsland en ander Europese lande dink wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog verwoes is en daarna uit die as verrys het.
Waarom sien ons nie nou in Suid-Afrika soortgelyke inisiatiewe nie?
Ons moet maniere vind om die massa wakker te maak om hulleself op te hef en deur resultate hul trots aan te wakker!