Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons moet onderskei tussen vorme van genade

Oor Rantoa Letšosa se Woord en Perspektief “Begrens mense se waardigheid” (04.06):

Letšosa haal Psalm 8 aan en stel dit onomwonde dat waardigheid, waarmee God ons met aansien en eer bekroon het, ’n in­herente onveranderlike van elke mens is. Hy laat dit egter na om aan te toon dat dié Psalm, wat in die Nuwe Testament aangehaal word, ten diepste nié op die mens nie, maar profeties op die Seun van die Mens dui (Matt. 21:16; Heb. 2:6-8; 1 Kor. 15:27,28).

Dít verander alles.

Hoe ook al geoordeel word oor die “waardigheid” van die mens, is sy staanplek as gevalle sondaar buite die paradys.

Geen mens kan as ’n “inherente onveranderlike” voor God se aangesig standhou nie. Net binne ’n verhouding met die “tweede Adam”, Christus, ver­ander alles.

Hoe oordeel ons dan oor hulle wat hul eie posisie sonder geloof en volharding steeds wil handhaaf? Is hulle minder waardig of selfs onwaardig?

Ons sal moet onderskei tussen algemene genade en besondere genade. Onder algemene genade (waardigheid) verstaan ons dat ook ’n ongeredde waardig is om deur God beskerm en deur mense respekteer te word. Maar dit ken grense.

Besondere genade word egter net aan die uitverkorenes betoon. Dit is hulle wat nog in gebrokenheid hulle self kan werp op die waardigheid van Christus, die Seun van die Mens.

Hierdie waardigheid is grensloos en lei tot die ewige lewe.

Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.