Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons moet Philip Kgosana gedenk

Ek ondersteun die voorgestelde naamverandering van De Waal-rylaan na Philip Kgosana-rylaan baie sterk. My pa was kol. I.P.S. Terblanche, wat die operasionele bevelvoerder van die Kaapstadse polisie was tydens die vreedsame opmars van 30 000 inwoners van Langa en Nyanga wat op 30 Maart 1960 deur Philip Kgosana langs De Waal-rylaan na Kaapstad gelei is.

My pa het ’n direkte ministeriële opdrag om dodelike geweld teen die skare te gebruik verontagsaam en het ongewapen buite die Caledonplein-polisiestasie met Kgosana gaan praat.

Hy en my pa het ooreengekom as my pa sou aanbeveel dat ’n ontmoeting tussen hom (Kgosana) en die minister gereël moet word, die skare sou verdaag. (Dit was destyds protokol dat aanbevelings deur senior polisieoffisiere deur die politieke gesag aanvaar word.)

Daarna het Kgosana die optog uit die stad gelei. Ongelukkig is my pa se aanbeveling oor die gesprek met Kgosana geweier.

Kgosana se gematigde houding en my pa se weiering om geweld te gebruik, het waarskynlik ’n bloedbad vermy.

Dié gebeurtenis was so ’n groot oomblik in ons geskiedenis dat dit belangrik is om dit te onthou . . . in die woorde van Kgosana self “Lest we forget”, wat ook die naam van sy outobiografie is.

Ons moet regtig die kans aangryp om die herinnering aan dié gebeurtenis te verewig deur die belangrike toegangsroete na die Kaap, wat destyds deur die optoggangers gebruik is, na Philip Kgosana te noem. ’n Gepaste gedenkplaat langs die pad, met ’n kort inskripsie van die gebeurtenis, sal myns insiens ook van pas wees.

Meer oor:  Philip Kgosana  |  Stanford
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.