Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons moet ‘saamstaan en vergewe’

Johann Maarman se rubriek “Gesoek: Kuur vir ras-virus in SA”, (16.11) het byval gevind.

Hy het die vinger op die pols met sy kort naam vir hierdie virus naamlik “rassehaat”. As ons terugblaai in die geskiedenis van Suid-Afrika is daar baie “Brackenfell- en Senekal”-gevalle, en ’n mens sou hoop dat soos wat die tyd sedert 1994 aangestap het, die intensiteit van gevalle soos hierdie sou afneem.

Hoe verenig jy ’n Suid-Afrikaanse bevolking met soveel uiteenlopende kulture en oortuigings? Dit was nog altyd ’n reuse-uitdaging en een wat niemand nog kon regkry nie. Wat laat ons dink dat dit steeds moontlik is?

Wanneer, indien ooit, gaan ons besef ons enigste kans vir oorlewing is om saam te staan. ’n Pessimis is ek nie, maar die polarisasie in Suid-Afrika is só groot dat dit onwaarskynlik is dat die saamstaan ooit sal gebeur en so die radikale elemente wat daarop uit is om verdeeldheid aan te wakker, te verdring.

Die kuur vir hierdie virus, mnr. Maarman, is “vergewensgesindheid”.

Dit is tyd dat almal hul maskers van “kleur” afhaal en tot die besef kom dat ons, nieteenstaande die verlede, tog saam ’n toekoms kan bou.

Meer oor:  Johann Maarman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.