Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons onnies het nie rook geduld

Na aanleiding van die brief van Etienne van Worcester (06.09) die volgende:

Waar ek net 10 myl van Etienne op Rawsonville op skool was, was die onnies rokers beslis nie goedgesind nie!

1964. Eerste dag in matriek. Ons is die mánne in die skool! Pouse haal ek en twee pelle ons sigarette uit en trek diep skywe. ’n Sub A’tjie stap verby en het klaarblyklik later aan sy juffrou alles vertel, want kort daarna is ons kantoor toe ontbied.

Dáár het die gesprek soos volg verloop:

Mnr. Chris Boshoff: “Jean, weet jou pa jy rook?”

Ek: “Nee, Meneer.”

Mnr: “Buk!”

Woep, woep, woep en alles was verby.

Ek het eers aan die einde van daardie jaar, nadat ons geskiedenis geskryf het, weer begin rook. Geskiedenis het my hoofvak geword en vandag benut ek dit om Kleinmond se stories neer te pen.

Terloops, my pa was die predikant op die dorp en daar word mos gesê sy kinders is die stoutste! Wel, dit kan waar wees, maar onthou: Ons speel met die gemeente se kinders!

Meer oor:  My Stem  |  Rook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.