Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons polisie kort hul spesialiseenhede terug

Kom ons maak ’n lang storie kort, want om beskuldigings rond te slinger, gaan niks help nie. Dit is nie die onbeholpe optrede van die polisielede wat blameer moet word nie.

My inset is gegrond op ’n jare lange belangstelling in die werk van die polisie.

Die dag toe oudpres. Thabo Mbeki en Jackie Selebi regstellende aksie in die polisie begin het, was die skrif aan die muur.

Oornag het hulle alles verwoes deur alle gespesialiseerde eenhede te ontbind omrede dit glo te wit was.

Dink net hoe anders kon hierdie verskriklike gebeure wat ons nou sien, gewees het as ons nog hoogs opgeleide eenhede gehad het.

Die onluste- en skarebeheereenheid kon binne minute ’n situasie opsom en besluite neem. Die meeste van hulle het opleiding oorsee ontvang waar onluste gereeld voorkom. Sou korrupsie so handuit geruk het indien die Skerpioene en die bedrogtak nie ontbind is nie?

Dit is maar my mening en ek sal graag wil hoor wat die geleerdes te sê het.

Omdraai is die enigste opsie.

Meer oor:  Polisie  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.