Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons probleme het by Kodesa begin

Oor die onderhoud van Ilse Bigalke met Roelf Meyer (05.07):

Bespeur ek by Meyer ’n tikkie kommer dat die utopie van die nuwe Suid-Afrika ná 1994 nie verwesenlik is soos hy verwag het nie?

Was dit dan nie hy en sy kornuite wat ons land op ’n silwer skinkbord oorgegee het sonder om die gevolge te besef nie? En dít onder die dekmantel van demokrasie?

Om die haglike toestand wat tans in die land heers te ver­gelyk met dié van die tagtiger­jare van die vorige eeu, is blote bog. Ons land is tans in die slegste posisie sedert die Tweede Wêreldoorlog. Dit is alles te wyte aan ’n onbevoegde regering wat daar is weens die mislukte onderhandelings by Kodesa.

Die Grondwet wat hy so verheerlik, help niks om die tra­gedie te bereg nie en kon ook nie Jacob Zuma se Nenegate voorkom nie.

Dis tragies om te sê, maar Meyer se Public Private Growth Ini­tiative (PPGI) is tot mislukking gedoem solank Suid-Afrika ’n sosialistiese staat is.

Meer oor:  Roelf Meyer  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.