Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons sal Koki moet steun teen Raka

Wat verlede week gebeur het, is ’n kombinasie van boosheid soos vergestalt in staatska­ping as maatstaf van bandelose gedrag, hopelose misdaadintelligensie en die frustrasie van amper 30 jaar se leë beloftes van ’n verlamde regering.

’n Vis vrot mos van sy kop af.

Jacob Zuma is die siek voorbeeld van gierigheid en vergrype sonder verantwoordelikheid.

Nou volg dié wat soos hy redeneer in sy spore van verwoesting. Voeg daarby sy agterbakse handlangers en netwerke wat chaos aanhits om hul eie basse te red en dit word net erger.

Om nie te praat van xenofobie en elke haan op sy mishoop wat in eiebelang optree nie. Nog nooit het Koki in die land voor so ’n groot uitdaging te staan gekom nie. Ons sal sy arm omhoog moet hou met elke woord en daad of anargie is ons voorland.

Spaar ons ook asseblief die schadenfreude van die “ek het jou mos gesê”-brigade. Niemand gaan by so ’n negatiewe houding baat vind nie, veral nie dié wat reeds swaarkry en wat weer die hoogste prys gaan betaal nie.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.