Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons sal maar voor moet begin

Die minister van staatsveiligheid sê alles in die verslag oor die intelligensiedienste sal aan wetstoepassingsagentskappe oorhandig word (12.03). Om wat mee te doen?

Verder sê pres. Cyril Ramaphosa hy is “gerus” en oortuig daarvan dat die skade wat die land se intelligensiedienste berokken is, herstel kan word.

Niemand kan egter iemand kwalik neem wat skepties sou wees oor dié belofte en uitspraak nie.

Meer as ’n jaar nadat ondersoeke begin het en verdoemende getuienis gelewer is, is daar nog nie eens ’n vae aanduiding van vervolging van die­gene wat uitgewys is nie. Die rede is dat dié agentskappe sodanig verswak is dat die nodige vaardighede ontbreek om sulke sake te hanteer.

Intussen stroom nog inligting na hulle. Hulle weet nie waar om te vat en waar om te los nie.

Gevolglik gebeur niks nie.

Die skade wat die vorige president en sy kornuite aangerig het, is onherstelbaar en verwoestend. Daar sal van nuuts af gebou moet word.

Meer oor:  My Stem  |  Intelligensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.