Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons speel die bal, nie die man nie

Ons reageer graag op die aannames van Dosent, Stellenbosch (14.04). Vanuit sy/haar anonimiteit beweer die skrywer dat die departement Afrikaans en Nederlands “waarskynlik uit eiebelang” toegetree het “tot diegene wat teen effektiewe transformasie aan die US gekant is”.

Die departement het júis lank nie aan die openbare debat deelgeneem nie, omdat ons versigtig was vir die soort wanbegrip wat Dosent openbaar. Ons ope brief (27.03) was nie uit eiebelang nie, maar ten gunste van Afrikaans as gebruiks-, onderrig- en wetenskapstaal en ter wille van US-studente.

Dosent stel voorts die opmerkings ten gunste van Afrikaans gelyk aan teenkanting teen effektiewe transformasie en besef nie dat transformasie ook deur Afrikaans plaasvind nie.

Die strewe na sosiale geregtigheid staan sentraal in die departement se onderrig, navorsing en gemeenskapsinteraksie. As departement ondersteun ons die noodsaaklike verandering op Stellenbosch ten sterkste.

Die departement se ope brief is nou deel van die openbare domein en mag deur enige instansie op ’n eie webwerf geplaas word. Dr. Dan Roodt het die departement wel om toestemming gevra om die brief te mag plaas, maar die departement het dit nie goedgekeur nie. Dit is egter sy goeie reg om dit te gebruik as hy wil – ook sonder die departement se goedkeuring.

Nee, die departement sak nie saam in die taalbulle-skrum nie en speel die bal, nie die man nie. Ook maak die departement nie onkundige opmerkings van die kantlyn af nie.

Hiermee sluit die departement spreekwoordelik sy ope brief af.

Meer oor:  Mystem  |  Afrikaans  |  Universiteit Stellenbosch (Us)  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.