Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons wil ook op oudag ordentlik leef

Ná soveel jare van wag dat Transnet asseblief aan ons bejaardes se versoek moet voldoen om ons te help dat ons regverdig behandel sal word, net hierdie paar woorde.

Met die lewenskoste wat elke dag styg, weet ’n mens nie meer hoe om sonder sorge te kan leef nie.

Wie is in beheer om toe te sien dat ons ná jare jaarliks net ’n 2%-verhoging in ons pensioen kry? Wanneer kan ons ook meer menslik behandel word?

Dit is ’n nagmerrie – die kwellinge elke maand om te wonder hoe jy alles betaal gaan kry.

Pres. Cyril Ramaphosa, is daar nie ’n manier waarop u ons Transnet-pensioentrekkers kan help om op ons oudag ook ordentlik te kan leef nie?

Meer oor:  Transnet  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.