Donovan Lawrence (08.01) vra om ’n multidialektiese benadering tot Afrikaanse onderrig as ’n manier om leerlinge vaardig te maak in sowel standaard- as niestandaardvariëteite.
’n Mens dink onvermydelik aan die verskillende uitsprake en vorms van Engels – ons praat deesdae nie meer van Engels nie, maar van hierdie taal in die meervoud: Englishes.
Ek verskil van hom oor die kwessie van vreemde tale, veral van Latyn. ’n Taal het dikwels ’n onsigbare gebruikswaarde en ’n kennis van Latyn help met die aanleer van Romaanse tale. En Latyn is ’n uitstekende dissipline om jou gedagtes te orden. Ek gebruik daagliks ’n Latynse grammatikaboek en as kind het ons in die eerste jaar op hoërskool Afrikaans, Engels, Latyn, Duits en Noord-Sotho as verpligte taalvakke gehad. Ander skole het Frans in plaas van Duits aangebied.
In plaas van ’n of-of- moet ons eerder vra om ’n en-en-benadering. ’n Kennis van vreemde tale stel jou bloot aan ander kulture en letterkundes.