Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Onsinnige argumente is vir politici

Geagte prof. Wim de Villiers, ek was diep teleurgesteld om van u verweer teen die Afrikaanssprekendes se reaksie oor Afrikaans op Maties te verneem. Politieke argumente pas u as ’n gerespekteerde akademikus nie. Los die onsinnige argumente vir politici.

Wat is die feite? Stellenbosch is geskiedkundig ’n Nederlands/Afrikaanse dorp, waaruit die Universiteit Stellenbosch (US) in 1918 gebore is danksy Jannie Marais se donasie van £100 000.

Die US het tot stand gekom deur die geboortepyne van Stellenbosch Gimnasium (1876), Stellenbosch Kollege (1881) en Victoria Kollege (1887). Belangrik is dat al hierdie geboortes in die Nederlands/Afrikaans patois plaasgevind het.

Voel u uself bemagtig genoeg om ná Marais se skenking alles om te keer – Afrikaans in gevaar te stel en oorboord te gaan om ’n instelling van meer as ’n eeu oud oorboord te gooi vir iets wat net u ’n droombeeld van het? U moet baie weerstand verwag – ons kultuursoeke is opgewek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.