Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ontwikkel dié ‘Moslem-Afrikaans’

Noudat die vreugdevure vir ­Deon Maas as ’n mythbuster so hoog brand met die vernietiging van S.J. du Toit se plaashuis, plaas Maas sommer al die “geykte en historiese leuens oor Afrikaans” ook op die brandstapel in sy artikel “Brand bring einde aan mite” (14.01).

Ten spyte van die niksseggende bronnelys (sonder datums en bladsyverwysings!) is daar interessante gegewens in Maas se storie soos dat Afrikaans ’n godsdienstaal is.

Afrikaans is egter nie “ ’n wit, Christentaal” nie maar ’n Moslem- en slawetaal wat deur sjeg Ahmad al-Ishmuni en die Turkse Moslem-heilige Abu Bakr Effendi ontwikkel is.

Hierdie gegewe is baie interessant: Dit is nie algemeen bekend dat die Moslems ook soos die Rooms-Katolieke Kerk heiliges het nie.

En verder sê Maas dat hierdie heiliges destyds nie bannelinge nie maar slawe in die Kaap was.

Uit Maas se bronnelys is daar ook af te lei dat daar Portugese slawe aan die Kaap was.

Vir Maas en diesulkes wat nou juigend dans om die brandstapel van Afrikaans en die mites van “ ’n wit Christentaal” en alles wat hulle impliseer wat daarmee saamgaan, is daar nou uiteindelik die ideale geleentheid om Afrikaans soos hulle dink te ontwikkel.

Die ANC is in elk geval al 20+ jaar lank besig om die taalakker vir hulle voor te berei.

Miskien kan Moslem-oliekapitaal help om ’n mitevrye Moslem-Afrikaans naas Engels te ontwikkel.

Dit behoort taalkundig baie opwindend te wees.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Afrikaans  |  Paarl  |  Brand  |  Deon Maas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.