Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ontwikkel weer ’n top-Tembani-geslag

Na aanleiding van Willie Spies se rubriek “Historiese sege vir Zim-boere” (13.12): Suid-Afrika het baie jare gelede sy eie Luke Tembani’s gehad.

In die Tweede Vryheidsoorlog en nadat goud aan die Witwatersrand ontdek is, het die meeste kos uit die Oos-Vrystaat gekom.

Ek dink nie hulle hou van die naam “opkomende boere” nie. Hulle kan hul man staan en op enige kongres of landboudag oor enige aspek van boerdery praat.

Dit was nou koring, mielies, beesvleis en skaapvleis wat aan handelaars voorsien is.

Die Oos-Vrystaat het bekend gestaan as die spens van die Witwatersrand.

In die Vrystaat het wit en swart boere skouer aan skouer geboer, so elkeen op sy eie plaas. Hulle het mekaar gehelp met raad en kluite geskop as hulle so deur die droë landerye geloop het.

Hulle was nie deelboere nie, maar grondeienaars.

Toe kom 1913 en die swart boere mag nie meer grond besit nie.

Die meeste Tembani’s het getrek en in die myne gaan werk soek. Arm en uit hul plek. Ander het agtergebly en deelboere geword.

Kinders het nie belang gestel om te boer nie en hele nageslagte swart boere en boerderykennis het verlore geraak.

Gelukkig het die ou tuislandbedeling met sy swak grond in ’n mate daarvoor vergoed, dermate dat baie swart boere geleenthede benut het om tog stukke goeie grond te begin bewerk en vandag bekend staan as swart kommersiële boere.

Ek dink nie hulle hou van die naam “opkomende boere” nie. Hulle kan hul man staan en op enige kongres of landboudag oor enige aspek van boerdery praat.

Hulle wil ook nie grond wat van ander afgeneem is, hê nie. ’n Eie etos is reeds aan’t ontwikkel.

Die kinders kan ketties skiet, kleilat gooi, in die modderdam swem, donkie ry en die Zoeloe- oorlog oorbaklei.

Sommer Makapan ook betrek.

Met die nodige politieke wil kan daar weer ’n voorste Tembani-geslag ontwikkel.

Elkeen met sy eie transport­akte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.