Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ook Ramaphosa stel ANC bo land

Bravo, Johann Maarman! Jou artikel (11.03) wat wys hoe pres. Ramaphosa binne twee maande sy standpunt oor die nasionalisering van die Reserwebank verander het, beklemtoon net weer dat hy nie in diens van die mense van Suid-Afrika is nie, maar in diens van die ANC.

Ek kan maar net my kop skud vir diegene wat werklik dink dat die ANC gaan verander omdat Ramaphosa die president is.

Ja, saam met baie is ek ook verlig dat ons van Zuma verlos is. Minstens het ons nou iemand wie se enigste prioriteit nie die stroop van die staatskas is nie, maar dit is waar die blydskap eindig.

Onthou, die ANC het nege jaar lank toegelaat dat Zuma en sy kornuite afbreek en plunder vir eie gewin terwyl Ramaphosa die visepresident was.

Ek glo nie dat hy toegekyk het omdat dit sy goedkeuring weggedra het nie, maar hy kon nie teen die groter party opstaan nie, soos wat nou so pas weer met die Reserwebank-kwessie gedemonstreer is.

Dus, diegene wat dink dat ’n stem vir die ANC in die komende verkiesing ’n stem vir Rama­phosa is, leef in ’n politieke droomwêreld.

Meer oor:  Johann Maarman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.