Wat ’n ongelooflike mooi huldeblyk het Charles Smith nie gebring nie aan oom Lullu de Jager in sy “Die laaste van die goeie ooms het ons gegroet”(10.05).
Oom Lullu was so ’n geliefde mense-mens. Hy het altyd geluister en diep spore getrap, veral in landboukringe!
Hy en dr. Hettie de Jager se liefde vir mekaar, hul kinders, kleinkinders en medemens het na almal om hulle uitgestraal.
Ek sal sy geselsies mis, sy
lekker lag en gesels met pasiënte terwyl hulle geduldig in die spreekkamer wag.
Hy was werklik ’n waardige mens na wie almal kon opsien.
Ons dink aan dr. Hettie, Sarette en gesin, Lizette en gesin, Louis en gesin en al sy familie.
Oom Lullu het oorgestap hemel toe en ons eer hom.