Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Oom Rassie se storie roep herinneringe op

Dit is met groot nostalgie dat ek Charles Smith se Goeiemôre, “Wat Brandfort se oom Rassie gedoen het . . .” (10.01), gelees het.

As ’n oud-Brandforter het dié rubriek vir my baie herinneringe teruggeroep.

Oom Rassie was seker een van die bekendste en geliefste inwoners van Brandfort. Hy was bekend as skeidsregter, bus-operateur en natuurlik vir sy omgee.

Wanneer ek rugby kyk, onthou ek tot vandag toe oom Rassie se toepassing van die reëls.

Met ’n strafskop, indien jy twee duim oor “oom Rassie se merk” vasgetrap het vir die skop, kon jy weet jy moet terugkom.

Met die reëls wat ek by oom Rassie geleer het, kyk ek vandag steeds op TV waar die skopper vastrap.

Oom Rassie se reëls word nie meer toegepas nie!

Oom Rassie het ’n besondere liefde vir kinders gehad, nie net vir die armes nie. Hy was al die kinders se geliefde oom Rassie.

Hy het die vervoer vir elke skooltoer verskaf en was deel van elk van hierdie toere.

Hoewel hy almal se vriend was, het jy geweet waar jy met hom staan. Teen stoutigheid het hy sonder meer opgetree.

Oom Rassie, ons het met groot waardering die rubriek in Volksblad gelees en eer jou nagedagtenis.

Hierdie storie is die moeite werd om gelees te word. Ons moet hieruit leer. Ek eerste.

Dankie vir die lekker storie, Charles.

Meer oor:  Charles Smith  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.