Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Oor die afneem van ’n plaas

So, julle wil ons plase kom vat. Al ooit gewonder hoe dit voel as jy jou laaste geld gebruik het om ’n oes in te sit?

En die weer steek op. Jy raak bly, want jy kom nie voor met die besproeiing nie en die reën is so nodig. Dis warm. En dan staan jy voor die venster en jy sien die wind waai die hel uit die aarde uit en die groen gras word wit van die hael. Die Jakarandablommetjies waai sommer so ’n pers wolk oor die tuin uit.

Jy weet as jy gaan uitstap, gaan daar net flenters groen oor wees. Maar as die storm verby is, stap jy maar in elk geval uit. Loop deur die strome water wat die land verspoel. Vanaand lê jy wakker en wonder hoe gaan jy watter aanplanting probeer red. Wat dit nou weer gaan kos.

En jy dink aan die trekker wat sy laaste asem uitblaas, en Eskom wat nie skaam is met die rekening nie.

Jy roep nie eens die trekkerdrywer nie, wat sommer die grondpad te voet aanpak om by die winkel met sy kop in sy hande te gaan sit. Hy weet van die werk wat hier in is en nou oorgedoen moet word.

Almal op die plaas word sommer stil. Die bakkie het kort-kort ’n skeet en so 23 m kragkabel moet vervang word, want dis weer gesteel.

Elke nou en dan is daar skape weg. Die stoor oopgebreek en die makstes gevat. Dit maak veral seer as dit hanslammers is wat jy met liefde, geduld en baie gebede moes grootkry. Jy sien hulle oë voor jou, en hoop hulle gaan nie in iemand se pot beland nie.

Maar ek weet ook nie heeltemal hoe dit voel nie, want sien, hierdie plaas se boer is ook vermoor. Ek weet hoe dit voel. Hoe dit voel om vir jou kleinkind te probeer vertel Oupa kom toe nou nie uit die hospitaal uit nie, gooi maar die sweeties in sy graf. Oupa se modderskoene sal maar bly staan op die voorstoep want niemand kan dit wegvat nie.

Julle ook nie.

Meer oor:  Grond  |  My Stem  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.