Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Oor dié groep nooit gepraat

Jan Brand skryf per e-pos: Met die lees van die uittreksel uit Marita van der Vyver se boek, Grensgeval, verlede week op die Boekeblad, het gemengde gevoelens by my opgekom.

Ek was deel van daardie groep oor wie daar nooit geskryf of gepraat is nie – nie eens ons militêre lêers maak melding van ’n ekskursie oor landsgrense nie.

Ons is bymekaar geroep vir inspuitings en dog tags met slegs jou bloedgroep daarop, niks meer nie. Ons is op ’n trein gesit Grootfontein toe en niemand mag familie of vriende in kennis gestel het van ons uittog nie. Daarna is ons gestroop van alles wat iets te doen het met Suid-Afrika, van onderklere tot toiletware. Nie eens die vuurhoutjiedosies het enige merke op gehad nie.

Toe is ons Angola in met groen tronkklere en R1 op sagtewand-voertuie, net ’n dun stukkie plaat tussen jou en die vyand se arsenaal.

Ek glo daar is baie ouens wat skade oor het van daardie operasie in 1975 en ’76, want daar was baie saam met my wat bereid was om States toe te loop nadat die eerste skote geklap het.

Meer oor:  Brief  |  Grensoorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.