Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Oor die ‘ons’ en die ‘hulle”

Ek verwys na Jeanette Snyman se mening oor wie almal onder “hulle” en onder “ons” val (15.04). Dit gaan nie noodwendig oor wit en swart nie. Daar is tye wanneer ons ook na superrykes verwys as “hulle”, asook na mense wat ’n laer lewenskwaliteit as jy het.

Snyman boer ongekwalifiseerd met die gedagte dat daar noodwendig verskillende standaarde is tussen “hulle” en “ons” wanneer dit by Christelike oortuigings kom omdat “sommige” ’n voordeel gehad het as gevolg van ’n “Christelik-Westerse kultuur”. Dit terwyl “hulle” in honderdduisende vergader by Moria, iets wat selde by “ons” gebeur. Die term “hulle” kan neerhalend sowel as bewonderend wees.

Wat haar siening van die Zimbabwiese immigrant betref, hy/sy het ook grootgeword in ’n land wat ’n Britse dominium was, net soos ons in die Unie van Suid Afrika. Al verskil is dat Zimbabwe ná onafhanklikheid voortgegaan het met die Britse onderwys-standaard en nie, soos ons, afgeskaal het bloot om soveel moontlik leerders deur matriek te druk nie.

Zimbabwiërs het ’n strewe om korrek Engels te praat, nie die taal te verkrag bloot omdat dit Westers is nie. Daar is ’n rede waarom Zimbabwiërs gouer werk kry in Suid Afrika as die inwoners – hulle is bloot meer betroubaar, hardwerkend en minder aggressief. Die verskil lê in die houding.

Daar is nie meer “aparte onderwys” in ons land, soos Snyman aanhaal nie. Net soos daar al vir 41 jaar nie aparte onderwys in Zimbabwe is nie, is daar ook al vir 26 jaar nie aparte onderwys in ons land nie.

As ’n 26-jarige Suid-Afrikaner nou nog nie kon leer om by die Zimbabwiër kers vas te hou nie, sal hy/sy dit nooit doen nie. Zimbabwiërs woon tans in ’n land waar dit veel slegter gaan as in Suid Afrika, maar omdat hy/sy bereid is om te werk vir dit wat hy verdien, word hy eerder aangestel.

Daar sal altyd ‘hulle” en “ons” wees. Niemand wil deel wees van “algemeen” nie.

  • Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.
Meer oor:  Strand  |  Ras
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.