Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Oorbevolking kort oplossing

Daar moet iets gedoen word aan die ongebreidelde aanwasprobleem. Ons land en die wêreld is totaal oorbevolk en stuur af op ’n katastrofe. Dit is tog die 21ste eeu en doeltreffende voorbehoedmiddels is vrylik en gratis beskikbaar.

Skoliere hoef nie verduidelik te word hoe kinders verwek word nie, maar hoe om swangerskappe te voorkom. Skoolmeisies en ook ander jong meisies se kanse om goeie kwalifikasies te verwerf, daal eksponensieel namate hulle met babas geseën word. Dit plaas ook ’n las op ma’s en oumas wat moet help kind grootmaak, asook die belastingbetaler, wat die finansiering behartig.

Die pa’s is die grootste sondaars omdat baie van hulle kinders by verskeie meisies verwek en selde bydra tot onderhoud. Baie van die kinders wat sonder ’n vaderfiguur grootword, ontwikkel later sielkundige probleme, word maklik bendelede en vorder meestal nie goed op skool nie. Hul kanse om goed besoldigde, vaste werk te kry, is skraal. Om in krotbuurte te woon sonder vaste werk en dwelms te misbruik is meestal hul voorland.

Ons het reeds miljoene werklose mense wat geen bydrae tot die land se welsyn lewer nie en ’n kweekhuis vir misdaad is. Daar moet dus dringend oplossings vir dié lewensbelangrike probleem gevind word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.