Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Oorweeg dinge deeglik voor optrede

Lourensa Eckard se artikel “Geweld as ’n laaste uitweg” (10.10) het betrekking. Ek weet nie of die artikel se titel ’n vraag of ’n stelling is nie, want daar is nie ’n vraagteken ná die titel nie.

Ek kan verstaan dat daar baie mense is wat deesdae moedeloos is oor die gebeure wat hulle daagliks raak. Met verwysing na die laaste vier paragrawe van Eckard se artikel, wil ek graag daarop wys dat sy as ’n joernalis moet waak daarteen dat sy nie indirek ’n saadjie in mense se koppe plant dat dit in orde is as hulle gewelddadig reg in eie hande neem nie.

Die lewe is nou wel ’n stryd om oorlewing. En almal van ons moet een of ander tyd gedurende hierdie stryd ’n sekere hoeveelheid konflik trotseer. Ons kan die besluit of ons die veg- of vlugbenadering gaan volg in die hantering van dié konflikte nie ontvlug nie. Die meeste van ons verkies egter om die onaangename dinge in die lewe te vermy. Maar om te vlug dui soms op ’n swakheid van karakter.

Ons lewe egter in ’n wêreld van teenoorgesteldes: liefde en haat; oorlog en vrede; lewe en dood; hemel en hel; reg en verkeerd; goed en kwaad. Maar as ons nie vlug nie, hoe voer ons die geveg?

Daar is niks wat ons kan doen om hierdie situasie te verander nie, maar ons kan iets doen aan ons uitkyk in so ’n wêreld. Die akteur Burt Reynolds het by geleentheid oor konflik gesê: “The moment you grab someone by the lapels, you’re lost.”

Ek dink in hierdie tyd waarin baie mense se woedevlakke getoets word, moet ons dit in gedagte hou. Ons moet ook bid vir genade en wysheid dat woede nie ons oordeel en besluitneming so verteer dat geweld vir ons lyk na die enigste opsie nie. Dit is beslis nie die enigste opsie nie.

My geskiedenisprofessor by die National Defense University in die VSA het oor strategie in internasionale konflik gesê: “Strategy, accompanied by a plan and objectives, is the way to get what you want. If you get what you don’t want, then your strategy was wrong.”

Verder: as jy oor ’n bepaalde optrede sê: “I had no other option, I take away your strategy badge (qualification)”, want in strategie moet jy altyd meer as een opsie (met voor- en nadele) ontwikkel om van te kies.

Mag insig en wysheid ons besluitneming rig in hierdie dae in ons land se geskiedenis, ter wille van die nageslag.

Woede, waaruit dikwels vergelding spruit, is ’n emosie met ’n groot potensiële krag van verwoesting. Want dit laat ’n mens fokus verloor op wat regtig saak maak. Dit maak dit baie moeilik vir ons as Christene om die kritieke vraag te vra: “What is the most loving thing to do?” Dit onder hierdie omstandighede.

Die publiek moet liewer aangemoedig word om die verlangde uitkoms by elke geleentheid waar hierdie sensitiewe saak oordink en bespreek word, in gedagte te hou sodat konflik vreedsaam opgelos kan word.

Meer oor:  My Stem  |  Konflik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.