Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Oplos van waterkrisis begin by munisipaliteite

Pres. Cyril Ramaphosa en ons water-en-sanitasie-minister, Lindiwe Sisulu, is vol planne om die land se waterprobleme op te los.

Ja, ons waterstelsels is oorontgin en ondergrondse bronne word kwaai leeggetap.

Die fokus moet egter heel eerste op ons hopelose munisipaliteite val.

Derduisende liters water loop in die strate weg as gevolg van vernielde infrastruktuur wat nie onderhou word nie.

Rioolstelsels is hopeloos. Riool loop nie net in ons strate in nie, maar onverwerkte riool vloei van flenters aanlegte in ons riviere in.

Kyk net die toestand van die Vaalrivier.

Al die kleiner strome voer uiteindelik die groot riviere en damme met riool. Dit syfer ook in die ondergrondse stelsels in.

Ons hoor te veel van planne en goed wat gaan gebeur, maar sien dit nie.

Die probleem moet eers op plaaslike vlak opgelos word.

En daarvoor is die aanstelling van kundiges nodig, en nie nog kaderaanstellings nie.

Eers wanneer die probleme op plaaslike vlak opgelos is, kan die regering begin dink aan goed soos verdampingsvermindering, die ontginning van water uit misweer en wolkbespuiting (natuurlik ook met kundiges en nie met kaders nie).

Meer oor:  Lindiwe Sisulu  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.