Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Oplossing vir onderwys

Verander die akademiese jaar vir skole en tersiêre inrigtings van die huidige Januarie tot Desember na Julie tot Junie.

Weens al die werk/onderrig wat tydens die Covid-19-inperkingstydperk verlore gegaan het, en om aan opvoeders/rektore/dosente die geleentheid te bied om die kurrikulum volledig te dek (en nie sekere gedeeltes weg te laat nie), en derhalwe ook voldoende vaslegging van werk te kan doen, stel ek dus voor dat die huidige akademiese jaar (2020) strek tot Junie 2021.

Veral die gr. 1-leerlinge van 2020 kan hierby baat vind – dit is immers die grondslagjaar van hul volle skoolloopbaan!

Leerlinge en studente sal ook beter kan voorberei en meer toegerus wees om suksesvol bevorder te kan word in Junie 2021 as in Desember 2020.

Die volgende akademiese jaar is dus van Julie 2021 tot Junie 2022, en so aan.

Verander die huidige onderwysstelsel dus geheel en al! As die nodige aanpassings oordeelkundig en met deursigtige beplanning gedoen kan word, is só ’n nuwe, veranderde stelsel dalk nie so vergesog as wat dit klink nie en ook nog baie moontlik ook!

Meer oor:  Onderwys  |  John Du Toit  |  Brackenfell  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.