Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Optrede teen vals nuus verwelkom

Dr. Aaron Motsoaledi se voor­neme om diegene te vervolg wat vals nuus oor Covid-19 versprei (26.03), verdien lof!

Dit is lankal nodig dat misbruikers van sosiale media om liegstories die wêreld in te stuur, veral dié wat vrees en paniek kan saai, vas­gevat en gestraf word. Die vrye teuels wat gebruikers van dié media hulself dikwels toeëien (al sou dit regverdigbaar wees ingevolge die beginsel van vryheid van spraak in ons Grondwet), is misplaas en druis in teen ander se grondwetlike regte.

Ek twyfel of die bestaande maatreëls om sosiale media te reguleer enigsins voldoende is. Dalk is dit nóú die tyd om iets daaromtrent te doen? Daar is net te veel skuiwergate.

Meer oor:  Aaron Motsoaledi  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.