Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ou vlag nou ’n gerieflike rookskerm

Hoe gerieflik om die ou landsvlag – wat deur onbesonne optrede van enkelinge op Swart Maandag te sien was – by te sleep om die werklike probleem rondom die moorde op die boeregemeenskap te verdoesel.

As dié vlag dan nou apartheid, onreg en wit oorheersing verteenwoordig, is my vraag: Wat verteenwoordig die nuwe vlag – wat ek nogal gedink het simbolies die groei uit die oue na die nuwe uitbeeld om eenheid te bewerkstellig?

Wel, dit verteenwoordig vandag vryheid, maar daarmee saam swak regering, wanadministrasie, ineenstorting van dienste, korrupsie, staatsplundering, armoede, werkloosheid, misdaad, bedrog, ’n ongekende magdom hofsake en beskuldigings teen die president, ministers en amptenare wat die nuus oorheers en internasionale afgradering. Verder: Ineenstorting van die Poskantoor, Eskom, SAUK, SAL, universiteitstelsel, skole en onderwys, ensovoorts.

Wit mense word regstreeks geraak, gemarginaliseer en tot tweederangse burgers gereduseer en is die slagoffer van regstellende aksie, ekonomiese bemagtiging, vierde in die ry vir werk, universiteitstoelating en kontrakte. Alles erge implikasies vir die nageslag van ons voorvaders wat hierdie land oor 350 jaar opgebou het as die sterkste ekonomie in Afrika.

Moet ons nou oorweeg om die nuwe vlag ook te verbied? Hoe absurd – en, dit terwyl die wit mense hulle bereidwillig verklaar het tot diens van die land.

Meer oor:  My Stem  |  Vlag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.