Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Outisme: Dié kinders is God se instrumente

Baie word geskryf oor kanker, diabetes en MIV-pasiënte, maar outisme word afgeskeep. Dis ’n geestestoestand wat die kind laat onttrek van die buitewêreld. Hulle is unieke, uitgesoekte kinders wat God gebruik as instrumente.

My tuisteskepper het ’n outistiese seuntjie. Wat ’n pragtige seuntjie en wat ’n kosbare ma is sy nie. Dié merkwaardige vrou met ’n hart van goud is een van God se empatie-engele op aarde.

Soggens eet ons saam – ek, Engeliena en klein Thabo. Hy bid vir ons – “Seën ons Vader as ons eet, dink aan die wat minder het, wil in hul behoeftes let, in Jesus naam Amen”. Dan sing ons: “Jesus loves me, yes I know . . .”

Hy is ’n sonstraal in baie lewens. Elke dag sien ek dat hy vooruitgaan – God het sy ma geseën met soveel geduld, liefde en hoop. Dis al wat hy vra. Net tien minute van my tyd om vir hom ’n verhaaltjie te vertel van Jesus se kindertjies soos hy. Hy neem elke woord in – dan vertel hy vir my ’n storie op sy manier.

Thabo, jy is ’n inspirerende, Godgegewe instrument in my lewe – jy het my geleer met nederigheid vermag jy veel meer. Hy het my geleer die klein dingetjies in die lewe maak saak. Geld en wêreldsgoed het min waarde teenoor liefde vir ander.

Meer oor:  My Stem  |  Outisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.