Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Owerhede moet op diens fokus

Oor Theuns Eloff se artikel “Só red jy munisipaliteite” (31.05):

My ondervinding van munisipaliteite vanaf 1994 is dat te veel geld bestee word aan groot salarisse vir amptenare en die burgemeesterskomiteelede met al hul byvoordele.

Ons moes die ou munisipale stelsel gehou het, sonder politieke inmenging deur burgemeesterskomitees. Dan sou ons baie geld gespaar en beter dienste ontvang het. Hoekom moes ons iets wat werk, verander het?

Die nuwe munisipale wette was onnodig. Dit is te ingewikkeld vergeleke met die voriges.

Munisipaliteite moet sorg vir basiese dienste vir ál hul inwoners, naamlik paaie, water, elektrisiteit en riolering. As hulle dit regkry, kan hulle uitbrei na bykomende projekte wat die inwoners tot voordeel sal strek. Maar dit word nie gedoen nie.

In die Baai word geld tans bestee aan projekte wat sakelui meer tot voordeel strek en nie die inwoners en gewone belastingbetalers nie. Ons betaal al hoe meer vir minder dienste.

Meer oor:  Theuns Eloff  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.