Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Owerheid het hier iets reg en goed gedoen

Positiewe nuus is deesdae so skaars soos somerreën in die Kaap. Ons land laat my aan Batman se Gotham City dink. Dis donker en somber met die verskil dat ons hier meer as een “Joker” het en die hulp van Batman en sy Batmobile ongelukkig ook ontbreek.

Gelukkig het ek die afgelope week ’n wonderlike positiewe ervaring gehad. In die meer as 40 jaar dat ek die N1 tussen Kaapstad en Bloemfontein redelik gereeld ry, was daar die eerste keer nóg geen padwerke, geen stop-en-ry-punte, geen slaggate en geen oponthoude nie! Selfs die baie vragmotors het nie gepla nie. Met geduld was daar oorgenoeg veilige plekke om verby te steek.

Die heerlike teerpad loop ononderbroke van Kaapstad tot in die hartjie van die Vrystaat. Lekker breed met skouers, netjiese piekniekplekke en geen slaggate nie. ’n Mens kan eenvoudig laat waai en as dit nie vir spoed­beheer en kameras was nie, sou jy die rit in ’n rekordtyd kon aflê.

Geluk en dankie aan die owerhede wat hier iets reg en goed gedoen het. ’n Klop op die skouer en ’n groot dankie aan wie dit ook al verdien.

Meer oor:  My Stem  |  Padwerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.