Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Pa sou sukkel om al hierdie dinge te aanvaar

My oorlede pa, oom Giel Swart van die Paarl, was maar net ’n sweiser, maar hy het al die goeie waardes in die lewe vir ons geleer.

Hy was ’n harde man, maar by sy werkwinkel op die plaas het daar nie onderskeid tussen mense bestaan nie. Vir outa Willem-hulle moes ons met groot respek behandel het, en as ons en ons bruin vriendjies “uit” ons spoor getrap het, het ons saam deurgeloop.

Pa het ons geleer om vir die Springbokke te skree, maar was hy ook opgewonde as ’n Paarliet goed in die Federasiespan gevaar het. En voor ’n toets het hy ons altyd mooi regop laat staan om “Die Stem” saam te sing . . . en van trots het sy oë so blou geblink soos “die blou van onse hemel”.

Pa Giel het in ’n weeshuis grootgeword, maar hy het ’n groot waardering vir die mooi dinge in die lewe gehad. As ons met die ou ligblou Toyota-bakkie om die sirkel by die polisiestasie gery het, het hy altyd verwys na hoe mooi die landsvlag voor die gebou is. En dan het een van ons dit met “oranje, blanje, blou” beaam.

Hy was lief vir Afrikaans en het alles verslind waarop hy sy hande kon lê, van Die ruiter in swart, Mark Condor en Die Landstem tot die boeke van Boerneef en PH Nortjé. Dit is ook geen wonder dat toe hy op sestig afgetree het, hy as die eerste opsigter van die Afrikaanse Taalmonument aangestel is nie. En daar het hy vele keer vir ons die simboliek van die monumentale struktuur uitgelê.

Vandag is ek dankbaar dat Pa nie meer met ons is nie. Dit sou vir hom baie moeilik gewees het om te aanvaar dat alles waaroor hy so erg was, nou verkeerd, gewraak en haatlik is.

Ek kry ook soms daarmee swaar.

Meer oor:  My Stem  |  Vlag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.