Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Padkaart van Afrika is ons kompas

Ons land volg die verval elders in Afrika nougeset. Ons weet inderwaarheid presies hoe dinge vorentoe in ons land gaan verbrokkel, want die padkaart van Afrika is ons kompas.

Nog ’n replika in ons land is hoe elders in Afrika mense ten gronde gaan, verarm en soos uitskot behandel word, maar stemdag stem die meeste weer vir die regerende party.

Hierdie onverklaarbare verskynsel is eie aan Afrika. Dit is waarom Afrika is waar dit is en waarom ons dieselfde pad stap.

Dit help nie om die sondes van die ANC elke dag te trompetter nie, want dit alleen gaan die meeste kiesers nie tot ander insigte bring nie. Iets anders sal gedoen moet word om kiesers op groot skaal te beweeg om vir partye te stem wat landsbelang op die hart dra.

Politieke partye behoort gebruik te maak van sosioloë en ander kundiges wat hierdie verskynsel moet ontleed totdat dit werklik verstaan word.

Dan moet pragmatiese stappe voorgestel word hoe politieke partye die kiesers moet hanteer ten einde hulle te kenter om vir vooruitgang te stem.

Ons het tans nie regtig de facto­ ’n demokrasie nie omdat die ANC die land verwoes, maar weens die verskynsel nog lank in beheer gaan bly.

Ongelukkig is daar nie meer tyd om die ANC aan die stuur van sake te verduur nie.

Die een of ander tyd gaan ons noodwendig die punt bereik waar dinge nie meer reggeruk kan word nie en ons land ongehinderd gaan vryval die ellende in, met geen redelike kans op herstel of omdraai.

Werkloosheid (onder wie mense wat nie meer werk soek nie) is meer as 40%, proporsioneel van die hoogste ter wêreld.

En dit skep ’n ryk teelaarde vir revolusie. Meer as 40% van die mense in ons land het niks om te verloor deur op onbeheerste plundertogte te gaan en niemand, allermins die polisie, sal dit kan keer nie.

Ons loop sonder enige twyfel sulke risiko’s en as dit gebeur, gaan die rand totaal in duie stort en anargie gaan heers – met geen plek om te skuil nie.

Ons land se mense is oorweldigend vriendelik en vreedsaam en verdien regtigwaar baie beter. Ons moet die Afrika-verskynsel aanspreek en ware demokrasie terugbring – en dringend ook.

Meer oor:  Afrika  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.