Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Padwerk op N14 frustreer

David Makhura, premier van Gauteng, en Ismael Vadi, ’n lid van die uitvoerende komitee, het in Julie 2015 aangekondig dat R295 miljoen begroot is vir die opgradering van die N14-snelweg tussen Krugersdorp en Pretoria en motoriste versoek om geduld aan die dag te lê met die gebruik van die snelweg in hierdie tyd.

Dis meer as drie jaar gelede.

Nadat daar kort ná die aankondiging inderdaad begin is met die projek, was die meeste motoriste wat die snelweg gebruik aanvanklik heel opgewonde oor die manier waarop dit aangepak is en het gehoop dit sou binne ’n billike tyd afgehandel word.

Groot was my teleurstelling egter die afgelope week toe ek die snelweg na Pretoria gebruik het en agtergekom het die projek sloer steeds en is baie ver van afgehandel.

Wat my die meeste frustreer, is dat daar voortdurend op baie lang seksies van die roete, in albei rigtings, padwerke is wat nie afgehandel word voordat daar aan nóg ’n nuwe seksie begin word nie. Hoekom word die taak op so ’n manier aangepak om normale verkeersvloei te belemmer? Nou sit al die motoriste op ’n baie groot deel van die snelweg in groot ongerief met blootstelling aan groot risiko.

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Padwerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.