Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Panyaza Lesufi, die keiser is kaal

Beeld slaan die spyker op die kop met die hoofartikel “Lesufi se dwarsklap na Sol-Tech misplaas” (19.09).

Almal besef die nypende tekort aan tegnici, tegnoloë en ingenieurs. Ek was 36 jaar verbonde aan tegniese hoërskole en dit is tragies dat hul belangrike rol in dié opleidingsproses glad nie deur onderwysowerhede na waarde geskat word nie.

Ek kan baie uitwei oor swak ondersteuning, ’n personeeltekort, ondeurdagte kurrikulumveranderings, skreiende finansiering, min of geen voorsiening van (swak) werkwinkelapparaat, sogenaamde vakadviseurs en oor hoofkantooramptenare.

Aan die hoof van hierdie burokratiese massa staan Panyaza Lesufi.

Daarom is dit lagwekkend-tragies dat hy na Sol-Tech kap, terwyl hy nie die verantwoordelikheid ten volle aanvaar om sy eie tegniese hoërskole op so ’n vlak te kry dat die deurvloei van kundige tegnici vir Gauteng, nee vir die hele Suid-Afrika, ’n pluspunt is nie.

Helaas, die keiser is kaal!

Meer oor:  Panyaza Lesufi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.