Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Parys donker wyl ANC-lede gedy

Hier in Parys is weer ure lank beurtkrag, of die nuwe woord, “ladingverligting”.

Daar word ’n tydskedule uitgereik, maar wat is die doel daarvan as afskakeling dikwels nie volgens skedule geskied nie?

Die rede vir afskakeling word aangegee as die onvoldoende kapasiteit van die substasie. Eskom vereis egter eers volle betaling van die enorme agterstallige rekening voordat vergroting van die kapasiteit oorweeg word.

Nou volg die skok. Die onbevoegde ANC-raad ken ’n 4%-salarisverhoging aan sy reeds oorbetaalde raadslede en senior amptenare toe. Verder is ’n styging van tussen 4,5% en 8,1% vir tariewe goedgekeur.

Meer oor:  Parys  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.