Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Pasop, staat soek dalk jou doodskis

Na berig word, word nou voor­gestel dat mediese fondse onteien word om die nasionale gesondheidsversekering te begin.

Die wat dit voorstaan, propageer niks minder as diefstal nie. Die bates van die mediese fondse behoort aan die lede daarvan.

Volgende op die lys is natuurlik die Staatsdienspensioenfonds, waarvan die bates ook aan die lede behoort. Daar is reeds geluide in daardie rigting.

Wat is volgende vir hierdie bankrot regering? Daar word reeds berig dat treinspore gesteel word. Eersdaags sal ons seker ons afgestorwenes se grafte moet oppas of die regering steel die doodskiste!

Meer oor:  My Stem  |  Doodskis  |  Staat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.