Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Pasop vir dié nuwe ‘afslagtariewe’

Namate ons land se ekonomie versleg en sowat 60% van die bevolking in skuld leef, vind ons op TV en in nuusblaaie al hoe meer opkomende versekerings-, gesondheids- en bankdienste wat hul ware teen afslagtariewe bied.

En baie mense val vir die advertensies wat die hemel beloof teenoor die tariewe van gevestigde instellings.

Ek het geen belang by enige “ou” instelling nie, maar ek weet dat om by ’n opkomende instelling te belê, risiko’s inhou.

Jong mense kies die goedkoper opsies om geld te spaar, maar besef nie wat vorentoe wag nie. Suid-Afrika se ekonomiese en politieke toestand moet in ag geneem word. Oor 20, 30 jaar sal van party van hierdie instellings net vae herinneringe oor wees.

Ek propageer geen bestaande bank of instelling nie, maar waarsku teen lang trane in die toekoms.

Meer oor:  My Stem  |  Afslagtariewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.