Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Pedofilie áltyd strafbare daad

Chris Jones, Stellenbosch, skryf:

Ek verwys na die klag wat teen die predikant dr. Chris van Wyk by die Menseregtekommissie ingedien is omdat hy ’n verband getrek het tussen seksuele oriëntasies en pedofilie.

Pedofilie is nie ’n seksuele oriëntasie nie, maar ’n geestesversteuring soos onder meer deur die gesaghebbende Amerikaanse Psigologiese Vereniging onderskryf word. Seks tussen volwassenes en kinders is altyd verkeerd en waar ’n persoon daadwerklike uiting gee aan pedofiliese impulse is dit ’n strafregtelike daad (of behoort een te wees).

Wanneer iemand dus sê of impliseer dat pedofilie ? seksuele oriëntasie is, stigmatiseer so ? persoon die LGBTQI+- gemeenskap op onbillike, kwetsende en onwetenskaplike wyse en word sulke persone se menswaardigheid aangetas.

Dit verdien besliste verdere ondersoek kragtens Suid-Afrikaanse wetgewing.

Meer oor:  Chris Jones  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.