Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Pensioenarisse sal OBK-gelag betaal

Theo Stehle, Knysna, skryf: Die nuus is deesdae net so opwindend soos die beste fiksie – behalwe dat dit ’n direkte invloed op ons lewens het.

Een van die stories wat ongelukkig nié fiksie is nie, is die miljarde wat op bedrieglike wyse van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) in dr. Iqbal Survé se maatskappye gepomp is tot nadeel van die 450 000 pensioenarisse en 1,25 miljoen dienende amptenare.

Wie het hieruit voordeel getrek?

Nie net Survé nie, maar ook die ANC, wat baie lank gestreef het na ’n propagandaspreekbuis om sy boodskap uit te dra.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens is tegnies bankrot, skuld miljarde, het nie geld om salarisse te betaal nie – wat nog te sê van ? terugwerkende verhoging van 5,9% – maar wonderwerke, soos in fiksieverhale, gebeur en uit die bloute kom daar geld!

Te oordeel na onlangse eierdanse oor gerugte van voorgeskrewe beleggings (wat uiteindelik nek omgedraai is), sowel as vorige bedenklike beleggings in en lenings aan semistaatsinstellings deur die OBK, sal dit my glad nie verbaas nie indien daar heimlik beplan word dat die regering se pensioentrekkers moet pa staan vir die tekorte.

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.