Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Pensioentrekkers is nie onnosel nie

Die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) glo blykbaar steeds aftrede en seniliteit is sinoniem.

Op 19 Februarie 2020 maak die uitvoerende hoof van die GEPF voor die staande komitee oor finansies van die parlement almal wat wil luister, pensioentrekkers en parlementslede ingesluit, wys dat die koopprys van R570 000 per hektaar vir ’n stuk kaal plaasgrond naby Klerksdorp nie buitensporig is nie, al is ’n gedeelte van die grond dolomities van aard en dus nie geskik vir dorpsontwikkeling nie. Hoekom is aangrensende grond nie teen R20 000 per ha gekoop nie? Hier is fout!

Die meneer weier ook om namens die raad van die trustees van die pensioenfonds Cosatu se plan om ’n verdere R254 miljard in die bankrot Eskom te belê, kategories te verwerp. ’n Belegging om die R87 miljard wat reeds daar belê is, aan te vul. Hy wil ons wysmaak dat dit nog eendag ’n goeie belegging kan word. Is dit nou ooroptimisme of gekheid? Dit is nou Cosatu se briljante plan om ’n baie bankrot Eskom te red. Cosatu sê self dat daar geen finansiële opbrengs op die belegging verwag kan word nie, slegs ’n maatskaplike opbrengs wat pensioentrekkers natuurlik nie kan eet nie.

Terloops, hoeveel geld het Cosatu en sy filiale al in Eskom belê? Teen watter opbrengs?

Meer oor:  Gepf  |  Durbanville  |  Brief  |  Pensioentrekkers  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.