Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Pensioentrekkers is uitgelewer aan hebsug

Soos ek van die bekende sakeman Christo Wiese verwag het, het hy nie weggekruip terwyl sy “ongemagtigde biografie” onlangs op ’n byeenkoms in Kaapstad bekend gestel is nie (20.05).

Ná al die jare dat ek TV-programme en koerant- en tydskrifartikels oor hierdie groot gees van ons land gevolg het, is ek weer eens nie teleur­gesteld met die oop en vreeslose eerlikheid waarmee hy die Steinhoff/Jooste­-debakel hanteer nie.

My grootste bekommernis is egter hoeveel te meer ons as pensioentrekkers, wat van beleggingsinkomste afhanklik is, mislei kan word deur mense of instansies wat ons swaar- verdiende geld hanteer.

Al gebruik ons net ou gevestigde maatskappye, is ons nog altyd uit­gelewer aan die hebsug en gulsigheid van die mensdom.

Meer oor:  Christo Wiese  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.