Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Pieter wys wat nodig is, maar min luister

Gawie Pienaar, Port Elizabeth, skryf:

Ek wil die VF Plus bedank vir alles wat hulle probeer doen vir die mense van Suid-Afrika – nie net wit mense nie, maar ook swart en bruin mense.

Hierdie party bring meer stabiliteit in ons land. En as daar stabiliteit is, sal alle landsburgers daarby baat vind.

Die afgelope twee weke en selfs voor dit was plaasmoorde sterk in die nuus.

Die verskillende groepe se benadering hieroor is baie duidelik.

Julius Malema en sy trawante verkondig geweld en vergelding vir gebeure op Senekal. Pieter Groenewald van die VF Plus vra vir kalmte en verantwoordelike optrede en weerhouding van geweld. Die twee benaderings weerspieël duidelik die kultuur en standaard van die mense in die land.

Die een groep is geneig om sake te vererger wat reeds erg genoeg is en die ander groep doen ’n beroep om kalmte en verantwoordelikheid. Elke landsburger moet homself afvra: Watter optrede sal lei tot vreedsame voortbestaan, vooruitgang en die oplossings van ons probleme? Deur gedurig te wil veg en af te breek of om te bou en verstandig op te tree?

Dit is nie nodig om te sê watter van dié benaderings korrek is nie – enige mens met insig in die lewe behoort dit te weet. Selfbeheersing en verstandige optrede was en sal altyd die regte manier wees om op te tree.

Die probleem kom met die voorbeeld wat leiers in die land stel. Indien die leiding korrup is, sal die meerderheid van die volk dit volg en ook korrup wees of word.

Kyk maar net na wat gebeur in Suid-Afrika. Watter staatsinstelling is nie korrup nie? Wie tree verantwoordelik op?

Meer oor:  Gawie Pienaar  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.