Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Plaas só kolonisasie en slawerny in perspektief

Ek wonder hoeveel ken die geskiedenis van Liberië, die staat aan die bopunt van Afrika. Dit is ’n gebied wat aan die Portugese bekend was as die Peperkus. Dit is in 1820 deur vrygelate slawe uit Amerika beset en oorgeneem.

Die gedagte was dat meer en meer van die vrygelate slawe sou kom en dat daar ’n florerende staat van voormalige slawe sou ontstaan, almal terug in hulle vasteland van herkoms.

’n Mens sou verwag dat hulle met ope arms deur die plaaslike bevolking ontvang sou word, en dat hulle, as gewese slawe, die plaaslike bevolking mensliewend en met deernis sou behandel. Dit het nie gebeur nie.

Hulle was niks anders as die wit koloniste in die res van Afrika nie, en het hul grondgebied met geweld uitgebrei, die oorwonne plaaslike bevolkings as minderwaardig beskou en onderdruk. Baie van die plaaslike mense is as slawe verkoop of deur hulself aangehou. Dié toedrag van sake is in 1927 aan die destydse Volkebond bekend gemaak, wat die kwessie ondersoek het.

Die meer onlangse geskiedenis van Liberië is seker meer bekend (dink maar aan die bewindstyd van pres. Charles Taylor): marteling, verminking en moord. Die geskiedenis van Liberië behoort in ons skole se leerplan opgeneem te word. Miskien sal die kwessie van kolonisasie en slawerny dan meer gebalanseerd geleer word.

• Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 400 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en te verkort.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Perspektief  |  Slawe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.