Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Plakkerprobleem pla by Bonnievale

Die plakkerskamp by Bonnie­vale het die skuilplek van misdadigers en “onwettige immigrante” geword omdat daar geen beheer uitgeoefen word nie.

Toe die plakkerskamp begin is, was ’n vrou in beheer van die toekenning van persele, maar sy is glo gedreig en die munisipale bestuurder het haar van dié plig onthef. Sedertdien het hutte soos paddastoele opgeskiet.

Ongelukkig is Bonnievale in die situasie dat munisipale amptenare in Robertson en Ashton oningeligte of glad geen besluite namens ons neem nie.

’n Jaar of wat gelede is ’n man lewend verbrand in sy hut terwyl inwoners gekeer het dat die polisie ingryp. Die inwoners leef in vrees vir die Basotho omdat hulle beweer dat hierdie mense baie wreed is.

In antwoord op ’n brief van my oor “onwettige immigrante” en verwante probleme, was die antwoord dat hierdie aangeleentheid die verantwoordelikheid van die departement van binnelandse sake is.

In my laaste gesprek met die persoonlike assistent van die munisipale bestuurder het hy my ’n verduideliking van die Rooimiere gegee en my na die inbelsentrum verwys. Nodeloos om te sê daar het sedertdien nog niks gebeur om ’n oplossing vir die probleme te kry nie.

In ander dorpe word die probleem deur wetstoepassers gehanteer, maar nie hier nie.

Meer oor:  Bonnievale  |  Briewe  |  Plakkers  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.